Leef veilig – Neem verantwoordelikheid

Jy is verantwoordelik vir jou eie veiligheid. Jou ingesteldheid moet van só ’n aard wees dat jy nie ’n teiken van jouself maak nie. Maak ’n gewoonte daarvan om paraat te wees; wees te alle tye bewus van wat rondom jou aangaan, en waar moontlike gevare is. Alhoewel die polisie en sekuriteitsmaatskappye ’n rol speel […]